VERLOOR JOUSELF | |
  |
“Ek het Wimbledon gewen. Ek was ryk. Dit is die ou lied van die film- en popsterre wat selfmoord pleeg. Hulle het alles en tog is hulle uiters ongelukkig. Ek het geen innerlike vrede gehad nie.”
- Boris Becker “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en My las is lig” (Matt. 11:28-30). Die woorde van Boris Becker roep om vervulling in die woorde van Jesus. Dwarsoor die wêreld soek mense na geluk en vrede. Tog kom ons net tot rus, bereik ons net ons doel, wanneer ons tuis kom by die Een wat rus gee. Jesus nooi ons vandag om op te hou soek. Niks in hierdie wêreld sal ons dors les nie. Rus by Hom deur jou eie pogings te laat vaar en te ontdek dat ‘n mens jou doel in die lewe bereik deur jouself in Hom te verloor. Gebed: Here, ek bely dat ek U doel vir my lewe sal misloop as ek nie by U tot rus kom nie. Dankie dat U my Leermeester is wat rus gee in my lewe. - Pitkos vir die Pad, A Nel, CUM, 2004. |